Valindaba, ook bekend as Pelindaba-Oos of die Y-aanleg, was 'n eksperimentele aanleg vir die verryking van uraan. Dit was ongeveer 35 km wes van Pretoria in Gauteng, Suid-Afrika geleë. Die aanleg het die Helikon Draaikolk Skeidingsproses gebruik. Die proses is in Suid-Afrika ontwikkel om uraan-235 isotope te vervaardig.
Geskiedenis Y-aanleg is in 1975 deur die Uraanverrykingskorporasie van Suid-Afrika (Ukor) voltooi en begin in 1978 met die vervaardiging van verrykte uraan.
Die aanleg is in 1979, byna twee jaar na 'n ongeluk gesluit, maar begin weer in 1979 met produksie. Sedertdien het dit al die brandstof vir die SAFARI-1 reaktor gelewer.
Produksie word op 1 Februarie 1991 permanent gestaak en die aanleg word in dieselfde jaar om politieke redes afgetakel.
Sien ook Pelindaba
Verwysings
Kategorie:Kerntegnologie in Suid-Afrika