Die Geelpootstrandloper (Calidris melanotos) is 'n voël en seldsame somerbesoeker aan Suider-Afrika. Die voël broei in die toendra van Noord-Amerika en Oos-Siberië en word gevind aan die rant van varswatermassas en riviermondings. Die voël is 19 – 23 cm lank, 45 - 75 g groot met 'n vlerkspan van 45 cm. In Engels staan die voël bekend as die Pectoral Sandpiper.
Fotogalery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Steltloperagtiges