Die langbeenkorhaan (Lissotis melanogaster) is 'n redelike algemene standvoël en leef in boomveld en in hoë, oop grasveld. Hulle kom voor aan die ooskus van Suid-Afrika, sentraal Mosambiek en die noorde van Zimbabwe en Botswana.
Die voël is 58 – 65 cm groot en weeg 1,1 - 2,7 kilogram. In Engels staan die voël bekend as Black-bellied bustard.
Fotogalery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Kategorie:Korhane en wildepoue Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin