Die boskorhaan (Lophotis ruficrista) is 'n amper-endemiese standvoël wat in droë boomveld en halfwoestyngrasveld leef. Hulle kom voor in die noorde van Suid-Afrika, Botswana, die noorde van Namibië en suide van Zimbabwe.

Die voël word 48 – 50 cm groot en weeg dan 400 - 900 gram. In Engels staan die voël bekend as Red-crested korhaan.

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Kategorie:Korhane en wildepoue‎ Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin