Die Grootwaterhoender (Gallinula chloropus) is 'n algemene standvoël en kom in die grootste gedeelte van Suider-Afrika voor met uitsondering van oos Namibië en wes Botswana. Die voël is 30 – 36 cm groot en weeg 180 – 350 gram. Hulle leef in groepe saam by watermassas met randplantegroei. In Engels staan die voël bekend as Common Moorhen.
Die voël lyk baie soos die Goughwaterhoender.
Fotogalery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Ralle