Die Kleinfregatvoël (Fregata ariel) is 'n voël en 'n seldsame besoeker aan die ooskus van Suid-Afrika en word gewoonlik na somersiklone gesien. Die voël is 70 – 82 cm groot en weeg 700 - 900 g met 'n vlerkspan van 1.8 - 2.1 meter. Daar broei 'n 1000 pare op Europa-eiland. In Engels staan die voël bekend as Lesser frigatebird.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Fregatvoëls