Die Grootfregatvoël (Fregata minor) is 'n seevoël en 'n gereelde besoeker aan die Mosambiekkanaal en 'n swerwer verder suid. Die voël is 86 – 104 cm groot en weeg 1.1 - 1.5 kg met 'n vlerkspan van 2 - 2.3 m. Daar broei slegs 1000 pare op Europa-eiland. In Engels staan die voël bekend as Great frigatebird.
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Fregatvoëls