Die witpylstert (Phaethon lepturus) is 'n voël en 'n gereelde besoeker aan die Mosambiekkanaal en swerwer verder suid. Die voël is 45 – 50 cm groot (met 40 cm wimpel) en weeg 280 – 400 g met 'n vlerkspan van 90 – 98 cm. Die voëls broei op tropiese eilande wêreldwyd, insluitend 2 200 pare op Ascension-eiland. In Engels staan die voël bekend as White-tailed tropicbird.

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Stormvoëltjies