Bokkie JJ Gerber (1953-) is 'n afgetrede Afrikaanse joernalis en redakteur. Gerber het op 1 Junie 1979 as lid van die Kaapse redaksie by die Afrikaanse Sondagkoerant, Rapport, begin werk. Hy was onder meer twaalf jaar lank Rapport se sportredakteur en was die senior adjunk-redakteur tussen 2007 en 2009. In 2009 het hy die stigtersredakteur van Sport24 geword toe Die Burger, Beeld, Volksblad en Rapport se sportafdelings saamgesmelt het. In 2011 word hy as die redakteur van Rapport aangestel (as opvolger van Liza Albrecht) en dien in die pos tot sy uittrede in Mei 2013.Bokkie Gerber groet met ‘nuwe’ Rapport, Rapport, 25 Mei 2013 Waldimar Pelser het die leisels by hom oorgeneem.Rapport kry ’n nuwe redakteur , Rapport, 2 Maart 2013
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse joernaliste Kategorie:Geboortes in 1953