Die Tropiese kleinpylstormvoël (Puffinus bailloni) is 'n stormvoël wat seldsaam is aan die ooskus van Suid-Afrika. Die voël is 28 – 32 cm groot en weeg 140 – 200 g met 'n vlerkspan van 62 – 70 cm. In Engels staan die voël bekend as Tropical shearwater. Daar is 100 000 pare wat op tropiese eilande in die Stille- en Atlantiese Oseane broei terwyl daar slegs 100 pare op Europa-eiland in die Mosambiekkanaal broei.

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Stormvoëls