Die Langvlerkstormvoël (Pterodroma macroptera) is 'n stormvoël wat 'n algemene besoeker is aan die kus van Suid-Afrika. Die voël is 38 – 42 cm groot en weeg 460 - 700 g met 'n vlerkspan van 95 - 105 sentimeter. Die voël is donkerbruin met 'n kort, stomp swart snawel. In Engels staan die voël bekend as Great-winged petrel.

Fotogalery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Stormvoëls