Die Atlantiese stormvoël (Pterodroma incerta) is 'n stormvoël en seldsame besoeker aan die kus van Suid-Afrika. Die voël is 42 – 45 cm groot en weeg 450 - 700 g met 'n vlerkspan van 95 - 105 sentimeter. Die voël is groot en bruin met 'n wit onderbors en pens. In Engels staan die voël bekend as Atlantic petrel.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Stormvoëls