Herbie en Spence was 'n Suid-Afrikaanse musiekgroep wat uit die twee broers, Herbie en Spence van Zyl bestaan het. Hulle het in die jare sewentig bekendheid verwerf met treffers soos Heidi, Ella, Die Wilgerboom daar by ou Potchefstroom en Marina, Marina, Marina. Hulle grootste treffer, Heidi was 'n Afrikaanse weergawe van die temaliejie van die gewilde TV-reeks wat ook op SAUK uitgesaai is.
Herbie en Spence is uit 'n musikale gesin van veertien kinders gebore. Hulle begin hulle sangloopbaan in 1969 toe hulle aan 'n talentkompetisie vir LM-radio in Pretoria deelneem. 'n Platekontrak met RPM-platemaatskappy het kort daarna gevolg. Hulle treffer, Die Wilgerboom het in 1972 'n roemryke loopbaan in die Afrikaanse musiek ingelei. In 1978 is hulle, na 'n landswye meningspeiling, as die gewildste sanggroep in SA aangewys.
Spence is op 5 Februarie 2002 op vyftigjarige ouderdom na 'n epileptiese aanval in die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg oorlede. Herbie het later saam met 'n goeie vriend Andrè weer 'n cd gemaak, en daarna saam met Ampie Volschenk (Tony Knight) weer sy musiekloopbaan in volle swang voortgesit. Hulle het reeds twee albums opgeneem as Herbie & Tony, en reeds talle toekennings ook ingeoes.'Nou begrawe ons môre vir Spence,' sê Herbie, Beeld, 9 Februarie 2002
Diskografie Se Grootste Treffers Glimlag deur die Lewe Op Aanvraag, 2004 GALLO Sing "Die Wilgerboom" en ander treffers, 2003 GALLO Ek's Joune Jy's Myne 7", 1981 BRIGADIERS/EMI Mooiste Kaap / Dra My Goue Hartjie 7", 1980 BRIGADIERS Vanaand Gaan Die Poppe Dans LP, 1979 RCA/VICTOR Flowers Never Bend LP, PANORAMA Op Die Pad Na Die Suide / Al Die Jare 7", 1979 RCA/VICTOR Vanaand Gaan Die Poppe Dans / Die Refrein Van Ons Liefde 7", 1979 RCA/VICTOR Heidi LP, 1978 TEAL Bye Bye Fraulein / Met Hart En Siel 7", 1978 RCA/VICTOR Heidi / Net Jy Alleen 7", 1978 RCA/VICTOR Loftus Lied / A Song For Loftus 7", 1977 RPM Ek Is Nog So Verlief Op Jou / Elke Keer As Ek Jou Sien 7", 1977 RPM Herbie en Spence LP, 1975 MUSIC FOR PLEASURE My Sonstraal / Gaan My Nie Verby Nie 7", 1975 RPM Sing "Die Wilgerboom" en ander treffers LP, 1974 RPM Ella LP Ella / Wat 'n Lieflike Môre 7", 1974 RPM Hy Sê Dit Met 'n Blik En Snaar / Glo My 7", 1973 RPM Totsiens – Maar Nie Vaarwel LP, SOUNDS SUPERB Fräulein / Crazy Love 7", RPM
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse musiekgroepe
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse musiekgroepe