Die Baleariese pylstormvoël (Puffinus mauretanicus) is 'n stormvoël wat seldsaam is aan die kus van Suid-Afrika. Die voël is 32 – 38 cm groot en weeg 480 - 550 g met 'n vlerkspan van 78 - 90 sentimeter. In Engels staan die voël bekend as Balearic shearwater. Die voël se status is kritiek bedreig en daar is slegs 2 500 pare wat broei op die Baleariese Eilande by Spanje.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Stormvoëls