Kitakyushu (Japannees: 北九州) is 'n stad met 983 037 inwoners (2011) in Wes-Japan, op Kioesjoe-eiland. Die burgemeester is Kenji Kitahashi. Die oppervlakte is 486,81 km². Die naam van die stad beteken "Noord-Kioesjoe". Kitakyushu is halfpad tussen Tokio en Sjanghai geleë. Die stad is op 10 Februarie 1963 gevorm uit die stede Moji (門司市, -shi), Kokura (小倉市, -shi), Tobata (戸畑市, -shi), Yahata (八幡市, -shi) en Wakamatsu (若松市, -shi).

Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Japan