Al-Akhdam, Akhdam of Achdam (enkelvoud vorm Khadem, wat kneg in Arabies beteken; ook Al-Muhamasheen of die gemarginaliseerdes) is 'n etniese groep in Jemen. Hulle word van die meerderheid van die bevolking onderskei weens hul Negrito-agtige gesigkenmerke. Hulle word op die laagste sosiale vlak geag en doen hoofsaaklik nederige werkies in die groot stede. Daar is tussen 500 000 en 1 000 000 Akhdam in Jemen.
Eksterne skakels The International Solidarity Network: The Al-Akhdam in Yemen The Akhdam of Yemen - A photogallery by The New York Times In pictures: Yemen's 'lowest of the low'
Kategorie:Etniese groepe in Asië Kategorie:Jemen Kategorie:Etniese groepe in Jemen