Hierdie artikel handel oor die 1973-rolprent. Vir ander gebruike, sien Voortrekkers (dubbelsinnig).
Die Voortrekkers is 'n Afrikaanse rolprent wat op 10 Desember 1973 vrygestel is. Die rolprent dokumenteer die Voortrekkergeskiedenis, gedeeltelik in dramavorm.
Genre Die rolprent is ’n geskiedkundige oorlogsprent (dokumentêr).
Hoofrolspelers Patrick Mynhardt as Piet Retief June Neethling Pieter Hauptfleisch Dale Cutts Johan Brewis Jaco van der Westhuizen Josh du Toit Danie Joubert Elsa Fouché Francis Coertze Anele Jonker Dulcie van den Bergh Don Lamprecht Melody O'Brian Ralph Loubser Dirkie van den Bergh (gekrediteer as Dirk van den Bergh) Anthony Fridjohn Anna Neethling-Pohl Carel Trichardt Tromp Terre'blanche Willie van Rensburg Johan du Plooy Ben Kruger Sann de Lange Simon Sabela Bingo Mbonjeni
Storielyn Die rolprent wys die moedige stryd van die Voortrekkers teen die natuur, die Britte en die impies. Die sentrale tema is die dood van die Voortrekkerleier Piet Retief in 1838 aan die hand van die Zoeloe-koning Dingaan. Die aanvalle op boerekampe by Bloukrans en Italeni (eThaleni) word onder andere herleef.
Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente
Kategorie:Afrikaanse rolprente Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprente Kategorie:Dokumentêre rolprente Kategorie:Historiese rolprente