David Millin (1920–1999) was 'n Suid-Afrikaanse regisseur, kinematograaf en vervaardiger. Hy het verskeie Afrikaanse en Engelse rolprente oor sy loopbaan vervaardig. Hy was sedert 1972 'n lid van die Amerikaanse vereniging van kinematograwe, die eerste lid van Afrika wat aan die organisasie behoort het. In 1994 word hy deur M-Net vereer vir sy lewenslange bydrae tot die bedryf en in 1997 word hy ook deur SASC/Kodak vir sy bydrae vereer. Hy was bekend vir sy skouspelagtige uitbeeldings, groot (maar akkurate) oorlogstonele en sy droë sin vir humor.SA rolprentpionier David Millin (78) in Jhb dood, Beeld, 28 Mei 1999
Filmografie As regisseur: Suster Teresa, 1974 Die Voortrekkers, 1973 Met Moed, Durf en Bloed, 1973 Die Banneling, 1971 Shangani Patrol, 1970 Banana Beach, 1970 Petticoat Safari, 1969 Majuba: Heuwel van Duiwe, 1968 The Second Sin, 1966 African Gold, 1965 Seven Against the Sun, 1964 Stropers van die Laeveld, 1962 Donker Afrika, 1957 Last of the Few (jaar onbekend)
As kinematograaf: Killer Force, 1976 Die Banneling, 1971 The Jackals, 1967 The Cape Town Affair, 1967 Diamond Safari, 1958 Donker Afrika, 1957 'n Plan is 'n Boerdery, 1954 Inspan, 1953 Hans-die-Skipper, 1952 Last of the Few
As vervaardiger: Die Voortrekkers, 1973 Met Moed, Durf en Bloed, 1973 Shangani Patrol, 1970 Banana Beach, 1970 Seven Against the Sun, 1964 Last of the Few
As draaiboekskrywer: Met Moed, Durf en Bloed, 1973 African Gold, 1965 Seven Against the Sun, 1964 Last of the Few
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprentvervaardigers Kategorie:Geboortes in 1920 Kategorie:Sterftes in 1999