Die nasionale vlag van Chili is op 18 Oktober 1817 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon twee ewe hoë horisontale bane in wit bo en rooi onder met ’n blou vierkant in die skildhoek waarin ’n wit vyfpuntige ster is. Die Chileense vlag is in Spaans bekend as La Estrella Solitaria (Die Alleenstaande Ster).

Dit het ’n verhouding van 2:3 en is horisontaal verdeel in twee bane van gelyke grotte waarvan die onderste rooi is. Die boonste deel is verder verdeel in ’n blou vierkant met ’n enkele gesentreerde wit ster en ’n wit reghoek met ’n verhouding van 1:2.

Die ster verteenwoordig dalk ’n gids tot vordering en eer, terwyl volgens ander interpretasies die ster onafhanklikheid voorstel; blou verteenwoordig die hemel en die Stille Oseaan, wit is vir die sneeubedekte Andes en rooi staan vir die bloed wat op pad na onafhanklikheid gevloei het.

Volgens die epiese gedig La Araucana is die kleure ontleen van die vlag wat deur die Mapuche tydens die Arauco-oorlog gehys is. Die Vlagdag word jaarliks op 9 Julie gehou om die 77 soldate wat tydens die Slag van Concepción in 1882 gesterf het te gedenk.

Simboliek Die ster verteenwoordig ’n begeleiding na vooruitgang en eer, blou stel die lug en die Stille Oseaan voor, wit stel die sneeubedekte Andesgebergtes voor en rooi stel die bloed voor wat gevloei het in die stryd om onafhanklikheid.

Ontwerp Die samestelling van die Chileense vlag is amptelik vasgestel in die Opperste Bevel No. 1,534 van die Ministerie van Binnelandse Sake wat in 1967 uitgevaardig is oor die gebruik van die nasionale embleme. Vorige wetgewing en regulasies is in hierdie wet saamgevat. (Ander wette sluit in Wet No. 2,597 van 1 Januarie 1912 wat verband hou met die kleure en verhouding van die nasionale vlag, die presidensiële serp en rosette of kokarde en Opperste Bevel No. 5808 van die Ministerie van Binnelandse Sake van 26 Augustus 1927 waarin die grootte van die nasionale vlag vir binnenshuis gebruik en openbare kantore vasgestel is.) Volgens die bevel is die verhouding tussen die hoogte en breedte van die vlag 2:3 en dit is horisontaal verdeel in twee ewe hoë bane. Die onderste baan is rooi van kleur en die boonste baan is verdeel in ’n blou vierkant (in die skildhoek) en ’n wit reghoek waarvan die verhouding 1:2 is. Die ster is geleë in die middel van die skildhoek en word saamgestel op ’n sirkel waarvan die deursnee die helfte van een die kante van die skildhoek is.

350px|senter|Konstruksietekening

Kleure Die kleurskema word hieronder gelys:

30px|raam <span style="color:white;">Blou <span style="color:white;">Rooi Wit RGB 0-57-166 213-43-30 255-255-255 Heksadesimaal #0039a6 #d52b1e #FFFFFF CMYK 100, 66, 0, 35 0, 80, 86, 16 0, 0, 0, 0

Vertoning duimnael|Hoe die Chileense vlag horisontaal en vertikaal vertoon moet word Volgens Chileense wetgewing word openbare vertoning van die vlag toegestaan sonder voorafkennisgewing. Voor Oktober 2011 was gebruik van die vlag verbied sonder die goedkeuring van die betrokke goewerneur.

Openbare geboue en privaat wonings moet die vlag op die Vlootdag (21 Mei), Nasionale Dag (18 September) en Weermagdag (19 September) vertoon. Indien die vlag verkeerdelik of glad nie vertoon word gedurende hierdie dae nie, kan die persoon daarvoor verantwoordelik ’n boete opgelê word.

In 2010 is ’n uitsondering gemaak gedurende die tweehonderjarige fees waar die vertoning van die vlag verplig was vir die hele September.

Aan ’n paal duimnael|Chileense vlae in Puerto Montt. Volgens die protokol moet die vlag aan ’n wit paal gehys word. Wanneer ander vlae ook gehys word moet die ander vlae ewe groot of kleiner as die Chileense vlag wees. Die Chileense vlag moet links van die middel van die vlae hang in die geval van ’n ewe getal vlae, en in die middel wanneer daar ’n onewe getal vlae is. Dit vlag moet ook die eerste wees wat gehys word en die laaste wat gestryk word.

Vrylik hangend Die Chileense vlag kan horisontaal of vertikaal van ’n gebou of muur hang. In albei gevalle moet die skildhoek aan die aanskouer se boonste linkerhoek wees.

Eerbetoon aan die vlag Artikel 22 van die Grondwet van Chili van 1980 maak dit duidelik dat alle inwoners van Chili die Chileense simbole en die land self moet respekteer. Die nasionale simbole is die vlag, die wapenskilde en die Chileense volkslied. Ooreenkomstig artikel 6 van die Chileense Wet op Staatsveiligheid (890/1975) is dit ’n oortreding om die vlag, die wapenskild, die naam van die moederland of die volkslied in die openbaar met disrespek te hanteer.

Geskiedenis Vlae voor onafhanklikheid duimnael|Vlag wat moontlik deur Mapuche-troepe gebruik is gedurende die vroeë 18de eeuse Arauco-oorlog. Die eerste verslae van die waarskynlike gebruik van vlae deur inheemse volkere dateer terug na die Arauco-oorlog. Die bekendste is die gebruik soos beskryf in die epiese gedig La Araucana van die laat 16de eeu. In vers XXI beskryf Alonso de Ercilla vir Talcahuano, kryger en hoofman van die Mapuche-stam wat die gebied beset het naby wat vandag die stad Talcahuano is, as die aanvoerder van embleme van blou, wit en rooi.

Twee vlae wat deur Mapuche-krygers gebruik is, is aangeteken. Hierdie beskrywings is egter eers laat in die 18de eeu gemaak sonder sekerheid oor hoe oud die vlae sou wees. Een het bestaan uit ’n vyfpuntige wit ster op ’n blou agtergrond soortgelyk aan die skildhoek van die huidige Chileense vlag, en die tweede het ’n agtpuntige wit ster in die middel van ’n blou diamant met ’n rand wat oor ’n swart agtergrond sigsag. Die tweede vlag word skynbaar vertoon deur die hoofman Lautaro in die artistieke weergawe daarvan deur die skilder Pedro Subercaseaux.

In die geval van die koloniserende troepe is verskeie Spaanse vlae gebruik. Elke bataljon het sy eie vlag gehad met verskillende elemente, insluitend die heraldiese wapenskild van die koning van Spanje daarin geïnkorporeer. Een van die simbole wat baie algemeen gebruik is, was die Boergondiese Kruis, ’n getande rooi skuinskruis op ’n wit agtergrond. Die Boergondiese Kruis was een van die hoof simbole van die Spaanse Ryk oorsee en is daarom gebruik op oorlogskepe en gevoer deur die burgermag in die koloniale gebied gedurende die Spaanse kolonisering van die Amerikas.

In 1785 het Carlos III ’n eenvormige vlag vasgestel vir alle skepe van die Spaanse Armada, soortgelyk aan die huidige vlag van Spanje. Die gebruik van hierdie rooi-en-geel vlag sou in 1793 uitgebrei word na “hawestede, -kastele en -kusskanse”. Ten spyte van die vestiging van hierdie nuwe vlag is die Boergondiese Kruis steeds algemeen gebruik deur koloniale entiteite.

Vlag van die Patria Vieja (1812–1814) duimnael|Vlag van die Patria Vieja (1812–1814). Eerste Chileense nasionale slag. Eenvoudige weergawe sonder wapenskild, gebruik deur handelskepe. duimnael|Vlag van Patria Vieja (1812–1814). Alternatiewe weergawe met die eerste Chileense wapenskild, Santiagokruis en omgekeerde blou en wit bane. Met die aanvang van die Chileense Onafhanklikheidsoorlog is die Eerste Regeringsjunta op 18 September 1810 verklaar. Dit het Chili se eerste treë tot onafhanklikheid beteken. Dit was gedurende die regering van José Miguel Carrera waar die behoefte om bevryding baie steun gekry het. Die junta is nietemin in naam opgerig as ’n manier om die regering te beer gedurende die afwesigheid van Koning Ferdinand VII, sodat die regeringsimbole Spaans kon bly. Een van die eerste handelinge van die regering sou dus die implementering van nasionale simbole wees, soos ’n kenteken, wapenskild en ’n onderskeidende vlag om die patriotte uit te ken. Die eerste vlag, volgens oorlewering, is deur Javiera Carrera, suster van die regeerder, geborduur en sou op 4 Julie 1812 vir die eerste keer vertoon en gehys word tydens ’n dinee met die konsul van die Verenigde State, ene Joel Roberts Poinsett. Die geleentheid sou die viering van die Amerikaanse onafhanklikheid wees, wat vir baie Chileense pro-onafhanklikes ’n groot inspirasie was.

Die vlag is die Patria Vieja (Ou Vaderland) genoem en het drie horisontale bane in blou, wit en geel gehad. Vir sommiges het die drie bane die drie takke van die regering voorgestel, nl. die majesteit, wet en mag; vir andere het die drie kleure die eienskappe van die natuur voorgestel, nl. die lug, die besneeude Andes en die velde van goue koring. Op 30 September 1810, gedurende ’n fees in die hoofstad ter viering van die eerste regeringsjunta, is die Chileense wapenskild, ook genoem die Patria Vieja, plegtig aanvaar en in die middel van die vlag ingesluit.

Hoewel die blou-wit-geel vlag van die Patria Vieja die mees herkenbare was, is ander weergawes dikwels gebruik met die kleure in ander volgordes soos wit-blou-geel. Met ander geleenthede is die rooi Santiagokruis in die skildhoek ingesluit saam met die wapenskild in die middel van die vlag. Die kruis is afkomstig van die oorwinning van die patriotiese troepe in die Slag van El Roble waar ’n onderskeidende kenteken van die Orde van St. Jakobus, ’n belangrike simbool van Spaanse trots, onder die oorlogsbuit was.

In 1813 na die koningsgesinde inval en die uitbraak van die Onafhanklikheidsoorlog is die Spaanse simbole laat vaar en die driekleur is formeel deur die patriotiese magte aangeneem op ’n seremonie by die Plaza Mayor van Santiago. Maande later, in 1814, het Carerra politieke en militêre mag opgegee en Francisco de la Lastra is gekies as opperste leier. Die onafhanklikheidsoorlog het begin met groot verliese aan die kant van die patriotte wat uiteindelik die Verdrag van Lircay op 3 Mei 1814 onderteken het. Hierdie ooreenkoms het onder meer Spaanse soewereiniteit oor die gebied van Chili bevestig en as een van die direkte gevolge hiervan, is die koloniale vlag weer aanvaar, ten koste van die driekleur.

Nadat Carrera op 23 Julie 1814 weer aan bewind gekom het, sou die vlag van die Patria Vieja weer wapper tot met die Slag van Rancagua (1-2 Oktober) waar die oorwinning vir die koningsgesindes die regering van die patriotte beëindig het en die Reconquista (Herowering) van 1814 tot 1817 begin het en die imperiale vlag weer ingestel het. Die driekleur is vir die laaste keer in die Slag van die Papier vertoon maar sou weer gehys word in die skepe wat deur José Miguel Career in 1817 gebring is in sy veldtogte in Argentinië (1820–1821). Die Reconquista het geëindig in ’n oorwinning vir die Andesleër (Ejército de los Andes) in die Slag van Chacabuco op 12 Februarie 1817. In hierdie veldslag het die patriotiese troepe onder die kolonel van die leër geveg en die vlag van die Andesleër, geïnspireer deur die vlag van Argentinië, sonder om die blou-wit-geel vlag opnuut te aanvaar.

Vandag word die vlag van die Patria Vieja gebruik tydens vieringe van die hierdie Chileense geskiedkundige tydperk wat uitgevoer word deur die Instituto Nacional wat op 10 Augustus 1813 deur die regering van Carrera opgerig is. Die embleem wat aanvaar is as ’n simbool tydens die begin van arbeidsnajaging, is gevolglik aanvaar deur die Chileense nasionalistiese beweging. Die vlag is byvoorbeeld gebruik met ’n rooi weerligstraal daarop gesuperponeer as simbool van die Nasionale Sosialistiese Beweging van Chili tussen 1932 en 1938.

Oorgangsvlag (1817–1818) duimnael|Oorgangsvlag (1817–1818). duimnael|Moontlike vlag wat gebruik is vir 'n paar dae in 1817.