Jinzhou (Chinees: 锦州) is 'n stad in die Chinese provinsie Liaoning met 'n bevolking van 3 070 000 in 2010. Die stad is in die noordooste van China noordoos van Beijing en Tianjin aan die kus van die Golf van Bohai geleë.
Jinzhou grens in die ooste aan Panjin, Ansjan en Shenyang en in die weste aan Huludao. Die stad is 'n belangrike hawestad in die noordooste van die land.
Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in die Volksrepubliek China