Dongying (Chinees: 东营) is 'n stad in die Chinese provinsie Sjandong met 'n bevolking van 2 035 300 in 2010. Die stad is in die noordooste van China suidoos van Beijing en Tianjin aan die kus van die Golf van Bohai geleë.

Dongying grens in die weste aan Bintsjou, in die suidweste aan Zibo en in die suide aan Weifang. Die stad is 'n belangrike hawestad in die ooste van die land.

Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in die Volksrepubliek China