Die Rooiwangmuisvoël (Urocolius indicus) is 'n standvoël wat feitlik dwarsoor Suider-Afrika voorkom. In Engels staan die voël bekend as die Red-faced mousebird.
Voorkoms duimnael|links|Rooiwangmuisvoël by 'n watergat. duimnael|links|'n Rooiwangmuisvoël in vlug.
Die voël is blougrys met 'n rooi gesigsvel en 'n dofgeelkaneel tint oor die gesig, bors en ondervlerke. Die bene is rooierig. Die jong voëls het 'n groenerige gesigsvel. Die voël word tot 34 cm lank en weeg 40-70 gram.
Geluid Die voël maak 'n tsie-tie-tie-fluit.
Habitat Hulle leef in savanne, boomveld, laaglandfynbos en tuine.
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Muisvoëls Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin