Die bruinwipstert (Cercotrichas signata) is 'n standvoël wat aan die ooskus en onmiddellike binneland van Suider-Afrika vanaf Gqeberha tot by Maputo voorkom. In Engels staan die voël bekend as die Brown scrub robin.

Voorkoms Die voël word 16–18 cm lank en weeg 33-42 gram. Die voël is donkergrys aan die rugkant.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Wipsterte