Die witkruismuisvoël (Colius colius) is 'n standvoël wat voorkom in Namibië - uitgesonder die noordooste en Caprivistrook - die Wes-Kaap, Noord-Kaap en die weste van Noordwes en die Vrystaat. In Engels staan die voël bekend as White-backed mousebird.

Voorkoms Die voël is ligter as die gevlekte muisvoël. Die snawel is blouwit met 'n swart punt en die bene is pienk. Die voël word tot 31 cm lank en weeg tussen 30 tot 55 gram.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Muisvoëls