Die Swartvleiloerie (Centropus grillii) is 'n standvoël wat voorkom in die noorde van KwaZulu-Natal, Mosambiek, die Caprivistrook en Noord- en Oos-Zimbabwe. In Engels staan die voël bekend as die Black Coucal.

Voorkoms Die voël is 35–38 cm lank en weeg 95-150 g. Broeiende volwasse voëls het 'n swart kop, mantel en rugkant. Die vlerke is kastaiingbruin. Die swart stert het opvallende ligbruin dwarsstrepe. Die nie-broeiende en jong voëls se kroon en mantel het taan en bruin spikkelstrepe maar nie duidelike wenkbroue nie. Die rugkant insluitende die slag- en dekvere is meestal donkerbruin en rooibruin gestreep. Die stert is donkerbruin met fyn rooibruin bande. Die bors is liggeel tot grys en die sye swart dwarsgestreep.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Loeries