Maoming (Chinees: 茂名) is 'n stad in die Chinese provinsie Guangdong met 'n bevolking van 5 817 753 in 2010. Die stad is in die suidooste van China aan die kus van die Suid-Chinese See geleë. Maoming grens in die weste aan Zhanjiang, is 362 kilometer vanaf Guangzhou en 121 kilometer vanaf Zhanjiang geleë. Maoming is 'n belangrike hawestad vir die uitvoer van geraffineerde olie en akwatiese produkte ná Hongkong, Macau en die ASEAN-lidlande.

Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in die Volksrepubliek China