Yantai (Chinees: 烟台) is 'n stad in die Chinese provinsie Sjandong met 'n bevolking van 6 516 900 in 2008.

Die stad is in die ooste van China aan die kus van die Golf van Bohai geleë. Yantai grens in die suidweste aan Qingdao en in die ooste aan Weihai. Die stad is die grootste vissershawe in Sjandong en 'n kragtige ekonomiese sentrum. Die huidige naam is afgelei van die wagtorings, wat in 1398 op die Berg Qi opgerig is, om die stad teen Japannese seerowers te beskerm (yan-rook, tai-toring).

Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in die Volksrepubliek China