duimnael|regs|300px|Winfrey se "Leadership Academy for Girls". duimnael|regs|300px|Winfrey besoek die Universiteit van die Vrystaat op 24 Junie 2011.
Oprah Gail Winfrey (gebore 29 Januarie 1954) is 'n Amerikaanse kletskoningin, besigheidsvrou en aktrise. Sy is veral bekend vir haar TV-program, The Oprah Winfrey Show wat tussen 8 September 1986 en 25 Mei 2011 in die Verenigde State uitgesaai is.
Winfrey het 'n skool, die "Oprah Winfrey Leadership Academy for Girls", te Henley-on-Klip in Gauteng, Suid-Afrika geopen.
Sy het op 24 Junie 2011 'n eredoktoraat in onderwys van die Universiteit van die Vrystaat ontvang.
Jeug Oprah Gail Winfrey is op 29 Januarie 1954 van 'n baptistiese familie in Kosciusko, Mississippi in die Verenigde State gebore. Haar ouers, Vernita Lee en Vernon Winfrey, wou haar na die Bybelkarakter "Orpah" vernoem, maar haar naam is verkeerdelik as "Oprah" op haar geboortesertifikaat aangebring.
Omdat Winfrey se ouers ongetroud en nog tieners was toe sy gebore is, bring sy haar eerste jare saam met haar ouma deur. Op haar twaalfde (volgens sommige bronne, haar sesde) lewensjaar trek sy by haar moeder in. In hierdie periode word sy deur verskeie neefs en ooms misbruik. Sy raak op 14-jarige ouderdom swanger, maar haar kind word te vroeg gebore en sterf. Hierna trek Winfrey by haar vader in. Vernon was heelwat strenger, maar sorg ten minste dat Winfrey skool bywoon.
Op 24 Januarie 2011 maak Oprah op haar program bekend dat sy 'n halfsuster genaamd Patricia het, waarvan sy self eers enkele weke vantevore uitgevind het. Haar moeder was swanger toe sy by haar vader gewoon het en die kind is vir aanneming afgestaan.
Filmografie Rolprente en programme waarin sy verskyn: 1985 – The Color Purple as Sofia (haar filmdebuut) 1986 -Native Son as Mrs. Thomas 1986–2011 – The Oprah Winfrey Show as haarself 1987 – Throw Momma from the Train as haarself 1989 – The Women of Brewster Place as Mattie Michael 1990 – Brewster Place as Mattie Michael 1990 – Gabriel's Fire as haarself 1992 – Lincoln as Elizabeth Keckley (stem) 1992 – The Fresh Prince of Bel-Air as haarself 1992 – There Are No Children Here as LaJoe Rivers 1995 – All American Girl as haarself 1997 – Ellen as die terapeut 1997 – Before Women Had Wings as Zora Willams 1998 – Beloved as Sethe 1999 – Our Friend, Martin as Coretta Scott King (stem) 1999 – Home Improvement as haarself (episode: Home Alone) 1999 – The Hughleys as haarself (episode: Milsap Moves Up) 2005 – Desperate Housewives: Oprah Winfrey Is the New Neighbor as Karen Stouffer 2006 – Charlotte's Web as "Gussy the Goose" (stem) 2007 – Bee Movie as Judge Bumbleton (stem) 2007 – Ocean's Thirteen as haarself 2008 – 30 Rock as haarself / Pam (episode: Believe in the Stars 2009 – The Princess and the Frog as Eudora (stem) 2010 – Sesame Street as O (stem) 2011–nou – Oprah's Lifeclass as haarself 2011–nou – Super Soul Sunday as haarself 2012–nou, Oprah's Next Chapter as haarself 2013 – The Butler as Gloria Gaines
Vervaardiger Rolprente en programme wat sy vervaardig het: 2011 – Serving Life (TV-dokumentêr) (uitvoerende vervaardiger) 2011 – Extraordinary Mom (TV-dokumentêr) (uitvoerende vervaardiger) 2011 – Your OWN Show (TV-reeks) (uitvoerende vervaardiger) 2010 – The Oprah Winfrey Oscar Special (TV-fliek) (uitvoerende vervaardiger) 2009 – Christmas at the White House: An Oprah Primetime Special (TV-vertoning) (uitvoerende vervaardiger) 2009 – Precious (uitvoerende vervaardiger) 2009 – The Dr. Oz Show (TV series) (uitvoerende vervaardiger) 2007 – The Great Debaters (vervaardiger) 2007 – Oprah Winfrey Presents: Mitch Albom's For One More Day (TV-fliek) (uitvoerende vervaardiger) 2007 – Building a Dream: The Oprah Winfrey Leadership Academy (TV-dokumentêr) (uitvoerende vervaardiger) 2007 – The Oprah Winfrey Oscar Special (TV-fliek) (uitvoerende vervaardiger) 2007 – Oprah's Big Give (TV-reeks) (uitvoerende vervaardiger) 2006 – Legends Ball (TV-dokumentêr) (uitvoerende vervaardiger) 2005 – Their Eyes Were Watching God (TV-fliek) (uitvoerende vervaardiger) 2002 – Oprah After the Show (TV-reeks) (uitvoerende vervaardiger) 2001 – Amy & Isabelle (TV-fliek) (uitvoerende vervaardiger, vervaardiger) 1999 – Tuesdays with Morrie (TV-fliek) (uitvoerende vervaardiger) 1998 – David and Lisa (TV-fliek) (uitvoerende vervaardiger) 1998 – Beloved (vervaardiger) 1998 – The Wedding (TV-minireeks) (uitvoerende vervaardiger) 1997 – Before Women Had Wings (TV-fliek) (vervaardiger) 1993 – Michael Jackson Talks to... Oprah Live (TV-vertoning) (uitvoerende vervaardiger) 1993 – ABC Afterschool Specials (TV-reeks) (vervaardiger – 1 episode "Shades of a Single Protein") 1992 – Overexposed (TV-fliek) (uitvoerende vervaardiger) 1992 – Nine (TV-dokumentêr) (uitvoerende vervaardiger) 1989 – The Women of Brewster Place (TV-minireeks) (uitvoerende vervaardiger) 1989 – The Oprah Winfrey Show (toesighoudende vervaardiger – 8 episodes, 1989–2011)
Bibliografie Cooper, Irene (2007) Oprah Winfrey Viking Mair, George (2001) Oprah Winfrey: The Real Story Citadel Press Moore, Michael (2003) Dude, Where's My Country? deur Warner Books
Verwysings
Eksterne skakels
Oprah se amptelike webtuiste Oprah Winfrey nuus en foto's
Kategorie:Amerikaanse entrepreneurs Kategorie:Amerikaanse filantrope Kategorie:Afro-Amerikaners Kategorie:Televisieaanbieders Kategorie:Geboortes in 1954 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Amerikaanse rolprentvervaardigers