Panthera (of panterkatte) is 'n genus van die familie Felidae. Dit het vier lewende spesies, wat die grootste katte van die Felidae-familie uitmaak. Al die katte in die familie kan bome klim en hulle is die enigste katte wat kan brul. Die tier is die grootste Panthera-spesie, asook die grootste van al die katte. Die luiperd is die kleinste van die Panthera-spesies.

duimnael|links|Bo na onder: tier, leeu, jaguar en luiperd.

Die jagluiperd is nie deel van die genus nie, omdat dit meer verwant aan kleiner katte is. Die jagluiperd is ook anders as al die ander katte omdat dit net effens intrekbare kloue het en sy prooi jaag, en nie soos ander katte bekruip nie.

Taksonomie Uitgestorwe spesies word met 'n † aangedui:

Genus Panthera Leeu, Panthera leo Jaguar, Panthera onca Luiperd, Panthera pardus Tier, Panthera tigris Panthera atrox † Panthera crassidens † Panthera gombaszoegensis † Panthera palaeosinensis † Panthera pardoides † Panthera (Viretailurus) schaubi † Panthera schreuderi † Panthera spelaea † Panthera toscana † Panthera youngi †

Kategorie:Katagtiges