Die Rietvleirivier is 'n klein rivier in Gauteng in Suid-Afrika. Dit is 'n sytak van die Hennopsrivier en 'n deel van die Krokodilrivierbekken.
Die Rietvleidam is in die Rietvleirivier geleë. Die dam is in 1934 voltooi met 'n bakmaat van 12.3 miljoen m3. Die dam voorsien nagenoeg 41 miljoen liter gesuiwerde drinkwater per dag, wat ongeveer 5.9% van die water is wat Pretoria daagliks benodig. duimnael|links|340px|Vleiland van die Rietvleirivier
Verwysings
Eksterne skakels The Chemical Composition of the Upper Hennops River and its implications on the Water Quality of the Rietvlei Dam
Kategorie:Krokodilrivier (Limpopo)