Die Hennopsrivier is 'n rivier in Gauteng in Suid-Afrika, wat oos van Tembisa ontspring, waar dit die Olifantspruit heet.
Die Rietvleirivier is 'n sytak van die Hennops en hul weer van die Krokodilrivier.Crocodile/Marico WMA 3
Die Centurionmeer is in die Hennopsrivier geleë.
Geskiedenis Die Hennopsrivier kry sy naam van die plaas Hennopsrivier wat vernoem is na die weduwee Helena Hennop, eienaar van die plaas in die 1850's. Oorspronklik het die stroom slegs wes van Swartkop as die Hennopsrivier bekend gestaan.Sophia du Preez Oos van Swartkop het dit as die Sesmylspruit bekend gestaan. Die destydse Verwoerdburgse stadsraad het besluit dat die rivier in sy munisipale gebied net as die Hennopsrivier bekend sal staan. Pretoria se stadsraad was sterk gekant teen enige verandering aan die naam Sesmylspruit omdat dit belangrike historiese waarde vir die stad het.
Toeriste-aantreklikhede Die riviervallei in Centurion is in rustige en skilderagtige dele geleë, en omliggende stede se inwoners maak deeglik daarvan gebruik, veral oor naweke as staproete, vir hengel, kampeer,Hennops Pride Caravan Park en piekniek hou. Daar is twee smal hangbrûe vir stappers oor die Hennops, een by die Centurion Mall (van staal), en die ander by Hennops Hiking Trail (toue en kabels).Kruisings oor die Hennopsrivier
Verwysings
Eksterne skakels Ecological State of the Major Rivers and Streams within the Northern Service Delivery Region of the Ekurhuleni Metropolitan Municipality The Chemical Composition of the Upper Hennops River and its implications on the Water Quality of the Rietvlei Dam
Kategorie:Krokodilrivier (Limpopo)