Die Engelharddam is geleë in die Letabarivier, tussen Letaba- en Olifantsruskampe in die sentrale Krugerwildtuin, Limpopoprovinsie. Die dam se hoofdoel is om as 'n stuwal teen vloede en 'n stoorplek vir water in die Letabarivier te dien. Die dam is in die 1970's gebou met befondsing wat deur die Amerikaanse industrialis Charles Engelhard jr. verskaf is.Siyabona Africa - Engelhard Dam duimnael|links|300px|Damoppervlak vanaf 'n besigtigingspunt Vloed in Letabarivier Die vloed van 10 tot 19 Januarie 2026 het groot skade aan die wildtuin en veral die Letaba-gebied veroorsaak. Die Letabarivier het rekordvlakke bereik en Letaba-kamp is vir die eerste keer sedert die stigting van die Park verswelg sodat aansienlike skade gelei is. Die vloed het ook die wal van die Engelharddam, die grootste dam in die Park gebreek. 'n Massiewe breuk is in die suidelike gruiswal geskep sodat die Letaba om die massiewe betonmuur gevloei het.Megafloods in Kruger, Kruger National Park History, Joep Stevens (4 Februarie 2026), facebook
Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Damme in Limpopo Kategorie:Krugerwildtuin