Die Bronkhorstspruitdam is 'n dam in die Bronkhorstspruit in Gauteng, Suid-Afrika. Die hoofdoel van hierdie dam is om as 'n stuwal teen vloede en 'n reservoir vir water vir die dorp te dien. Die dam is sowat 10 km suid van die dorp Bronkhorstspruit geleë.
Hierdie dam is in 1950 voltooi en het 'n volume van 57 400 000 kubieke meter en 'n oppervlakte van 9,61 vierkante kilometer. Die damwal is 35 meter hoog.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Die dam se oewers huisves verskeie ontspanningsoorde asook eksklusiewe behuisingsprojekte. Dit is 'n mekka vir bootry en watersport soos motorbootski, jetski en seil.
Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Gauteng Kategorie:Olifantsrivier (Limpopo)