Die Kaapse seepaling (Conger wilsoni) is 'n vis wat voorkom vanaf Knysna tot by Mosambiek. Dit kom ook voor in die Maldives en Gougheiland. In Engels staan die vis bekend as die Cape Conger.

Voorkoms Die paling se snoet is langer as wat die oog groot is en die stert is langer as die kop en lyf saam. Die vis is bruinerig grys van kleur en room kleurig aan die onderkant. Die vinne se rante is swart. Die vis kan tot 1.5 m lank word en weeg dan 15 kg.

Habitat Hulle leef in strandmere en sagte bodems tot op 30 m. Die visse is meer aktief snags en vreet vis en skaaldiere. Die vis is eetbaar en gevaarlik.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004.

Kategorie:Beenvisse