Hadsund is die grootste dorp van Oos-Himmerland in Noord-Jutland, Denemarke, en het 5 051 inwoners (2015)Statistikbanken Tabel BEF44 (5.520 met Hadsund-Suid ingesluit). Die dorp het langs die ou veldpad tussen Aalborg en Hobro ontwikkel en is 'n verkeersknooppunt tussen Kronjylland en Himmerland. Die afstand tussen Mariagerfjord en Hadsund is betreklik klein, wat beteken het dat die brug onlangs gebou kon word. Hadsund was voorheen 'n stasiedorp en is vandag 'n handels- en nywerheidsentrum in Himmerland. Hadsund is geleë aan die oostelike deel van die Mariagerfjord Munisipaliteit in die Noord-Jutlandstreek.

Tot 2007 was Hadsund die hoofdorp van die nou ontbinde Hadsund Munisipaliteit. Die dorp is die tweede grootste in Mariagerfjord Munisipaliteit naas Hobro.

Aan die suide van Mariagerfjord, sowat 250 meter vanaf Hadsund, is Hadsund-Suid geleë, wat as 'n afsonderlike dorpsgebied beskou word. Daar bly slegs 500 inwoners.

Die dorp se geskiedenis kan teruggaan tot 1800, maar die naam self kan teruggevind word in 1467, as Haddeswnth geskryf, en later in 1700 as Hatsund. Dit het handelsregte verkry op 1 Desember 1854, maar kon nooit stadsregte verkry nie.

Geskiedenis 1800–1854 In die 19de eeu is 'n aantal nuwe dorpies in Denemarke gestig. Hierdie 'nuwe dorpe' het gewoonlik as spoorwegdorpe rondom die huidige spoorweg ontstaan. Vir die gemeenskap aan die oostelike deel van Mariagerfjord was dit heel anders na uit te sien.

Hadsund was die eerste keer in 1800 as oorvaartplek by die Mariagerfjord benut. Die pad vanaf Hobro loop hier al langs die noordkus van die fjord wat heeltemal afdraai na die waterkant by Sundhusende (die huise by die Sund) en die veerpontdok en loop dan verder weer noordwaarts na Aalborg. Dit was egter eers met die veranderinge in die landbou in die dekades omstreeks 1800 dat die behoefte begin ontstaan het om meer as net 'n veerbootoorgang by Hadsund te hê.

Met die landbou-omwenteling het produksie toegeneem, asook die behoefte vir handeldryf, waar laasgenoemde destyds slegs vir die markdorpe bestem was. Dit was ook die geval in die suidoostelike Himmerland, maar hiervandaan was die pad buitensporig ver tot by die naaste markdorp. Die afstand destyds na Aalborg was 53 km en 45 km na Hobro – 'n reis wat weens die destydse padtoestande etlike dae kon duur. Dit het gou onder die plaaslike inwoners duidelik geword dat 'n nuwe dorp hierdie leemte moes vul. Sedert omstreeks 1850 het die ou veerpontoorgang daarom geleidelik tot Hadsund ontwikkel.http://www.coast-alive.eu/node/13463 Coast Alive

Die dorpsnaam Die oorsprong van die dorpsnaam Hadsund word met onsekerheid bejeën. 'n Heel waarskynlike verduideliking is dat die dorpie Haderup, wat aan die suidekant van die fjord 500 meter vanaf Hadsund-Suid is, sy naam gekry het van die smal plekkie, soos Haderup Sund wat natuurlik maklik Hadsund kon word. Die eerste keer wat Hadsund vermeld word was in die geskrewe bron, die dingswinde oor die Hindsted Herred se ding (volksvergadering) van 3 September 1467. (Die dingswinde is die dokument wat in die hertogdom Sleeswyk die resultate van 'n regsaak (letterlik: geding) aanteken; die dokument word dan deur die distriksregter, twee sandmanne (regters wat soos 'n jurie opgetree het onder die Deense koning) en agt ander getuienisse bekragtig). In 1467 word Hadsund as Haddeswnth gespel, in 1478 Hadswnd, in 1487 Hadsvnd, in 1581 Hatzsund, en in 1700 Hatsund.

Hadsund Bank duimnael|Hadsund Bank gesien by Brogade (Brugstraat) Die Hadsund Bank-gebou is een van Hadsund se vernaamste geboue en is in 1905 deur die argitek Morten Skøt ontwerp. Die gebou is oorspronklik deur Hadsund Bank gebruik wat in 1905 as aandelemaatskappy gestig is. Hadsund Bank word bankrot verklaar in 1931, maar die gebou is oorgeneem deur die Aalborg Diskontobank. Vandag gebruik Danske Bank die gebou.

Historiese inwonertal In Hadsund aan Himmerland se kant bly daar 4 994 (2012) inwoners en in Hadsund-Suid aan Kronjylland se kant bly daar 463 (2012).

Inwonertal vanaf 1801–2012

Die rede hoekom Hadund se bevolking sedert 2011 met 62 mense gedaal het, is omrede verskeie groot maatskappye na ander stede of lande verskuif of gesluit het.

Jaar Aantal huise Aantal inwoners Wisseling 1801 9 -1840 7 -2 1870 270 +63 1880 390 +120 1890 110 plase en huise 701 +311 1901 976 +275 1906 1 061 +85 1911 1 533 +472 1916 1 822 +289 1921 376 1 971 +149 1925 2 280 +309 1930 2 415 +444 1935 2 736 +321 1940 2 846 +110 1945 3 058 +212 1950 3 504 +446 1955 1 175 3 484 -20 1960 3 424 -60 1965 3 707 +283 1986 4 000 +293 1997 5 103 +1 103 2006 5 526 +423 2011 5 519 -7 2012 5 457 -62 2013 5 383 -74

Geografie Hadsund is geleë in die suidoostelike deel van Himmerland. Die afstand na die strand by Kattegat is 12 kilometer. Hadsund lê 45 kilometer suid van Aalborg en 30 kilometer noord van Randers.

Afstande Hadsund lê 45 kilometer suid van Aalborg, 30 kilometer noord van Randers, 25 kilometer oos van Hobro, 60 kilometer oos van Viborg, 70 kilometer oos van Skive en 90 kilometer noordwes van Grenaa. Dit is 360 kilometer (oor die Groot Gordelbrug) na Kopenhagen.

Die dorp Hadsund is deur 'n paar plaaslike sleutelplekkies omring:

Hadsund Sentrum duimnael|Hadsund Markplein by Storegade. Hadsund Sentrum is die gebied rondom die Hadsund Kerk wat die hele dorp omring. Die voetgangerstraat Storegade lê in die westelike deel van die middedorp. Hadsund Sentrum is die oudste deel van Hadsund. Daar is drie hoofstate: Alsvej, Himmerlandsgade en Storegade. Die voetgangerstraat is die ou pad van Hobro na Aalborg en is in 1990 ingewy. Op die bopunt van Hadsund se voetgangerstraat (Storegade) lê die onderdak Hadsund Winkelsentrum. In die sentrum is daar 15 winkels en 2 supermarkte.

Søndergårde Søndergårde is in die noordelike deel van Hadsund geleë. Søndergårde is in 1970 gestig as 'n dorp op sigself, maar het saamgesmelt met Hadsund, aangesien die uitbou van die nywerheids- en woongebied die twee dorpe verbind het. Hadsund Huse Hadsund Huse (Hadsund Huise) is 'n nedersetting en 'n klein dorpie in die noordwestelike deel van Hadsund, wat omtrent 1 km vanaf die sentrum is, op die Sekundærrute 507. Dit bestaan uit 'n woonbuurt en in die suidelike deel van Hadsund Huse lê Solbakken wat bestaan uit 8 geel woonstelblokke met 3 verdiepings elk. Dit is geleë in Hadsund-parogie, Hindsted Distrik, vanaf 1970–2007 die provinsie van Noord-Jutland, en vanaf 2007 Noord-Jutland in Mariagerfjord Munisipaliteit. Die woonbuurt bestaan uit 102 woonhuise en ongeveer 300 inwoners in 2012.

Hadsund-Suid Hadsund-Suid, oorspronklik Sønder Hadsund, lê direk suid van die Hadsundbrug (so 250 m) en het ongeveer 500 inwoners. Die dorp is in ongeveer 1880 gestig. In Hadsund-Suid is daar die Hadsund Syd Station en Færgekroen Hotel Syd.

Klimaat Die lente in Hadsund is redelik droog en sonnig, met gemiddelde dagtemperature tussen 5 tot 10 °C. Die kanse is egter goed vir ryp en dagtemperature styg selde bo 15 °C. In die somer styg die kwik bedags tot omtrent 20 °C, soms tot 25 °C, maar selde bo 30 °C. Vir somernagte kan so 12 °C verwag word. Herfs word gekenmerk met dagtemperature tussen 6 en 12 °C en 'n bietjie reën. September kan laatsomerweer kry, terwyl dit in November soms sneeu. In die winter is die gemiddelde dagtemperatuur -3 tot 2 °C en selde laer as -10 °C. Die neerslag wissel tipies tussen reën, ysreën en sneeu.http://www.dmi.dk/dmi/index/danmark/klimanormaler.htm Klimanormaler for Danmark, 2 Mei 2009

Natuur Hadsund is omring deur woude. Buitekant die dorp is die Marienhøj-plantasie; hierdie beskermde woud lê suid van Lindale, en strek tot in Hadsund. In die middel van die dorp is Hadsund Dyrehave (Hadsund Hertpark), wat 'n diereparkie is met sowel tafels en banke. Dit het 21 damherte, 8 sikaherte en 10 bokke.

Infrastruktuur Vervoer Die dorp word van openbare busdienste van Noord-Jutland se gemeenskapsbus nr. 54, 55, 58, 115, 234, 235, 237 en 54N voorsien. Roete 888 loop tussen Aalborg en Kopenhagen en stop een keer per dag by die Hadsund Bushalte.

Openbare vervoer Aalborg – Terndrup – Hadsund Hobro – Hadsund – Øster Hurup Aalborg – Kongerslev – Bælum – Hadsund Arden – Rostrup – Astrup – Hadsund Hobro – Mariager – Hadsund Randers – Gjerlev – Havndal – Hadsund Randers – Spentrup – Mariager – Assens – Hadsund [Aandbus] Aalborg – Terndrup – (Kongerslev/(Hadsund).

Strate Hoofstrate duimnael|Hadsund se strate. (Die hoofstrate.) 1 Himmerlandsgade 2 Alsvej. 3 Mariagervej. 4 Vestergade / Hobrovej. 5 Østergade. 6 Ringvejen. 7 Ålborgvej. 8 Doktorbakken / Tinggade. 9 Jernbanegade. 10 Nørregade.

Gade = straat; vej = weg; bakken = heuwel.

Storegade duimnael|Storegade (Hoofstraat) by die kruising van Mejerigade (Melkerystraat)

Storegade is die naam van Hadsund se voetgangerstraat. Die voetgangersgebied is Hadsund se oudste straat en dateer voor die 1800's. Storegade was ook Hadsund se hoofstraat tot in die 1970's, toe dit vervang is deur die huidige Himmerlandsgade na Aalborg. Storegade word egter eers in die vroeë 1950's geplavei voordat dit later geteer is. In 1990 word Storegade 'n voetgangerstraat; die teer en sypaadjies word opgekap sodat die hele straat weer plavei kon word. Weerskante van die straat is daar vandrenne (waterkerings) waar die water tot aan die einde van die hele voetgangerstraat afloop.

Tegniese aanlegte Hadsund Dorpsverwarming duimnael|Hadsund se biomassa- verbrandingsaanleg Hadsund Dorpsverwarming is geleë in die noordelike nywerheidsdeel van Hadsund. Hadsund Dorpsverwarming bestaan uit Hornbech Centralen in Hornbechsvej. Hadsund Warmtesentrale lê in die middel van Hadsund en voorsien aan omtrent 1 300 installasies. Hedepark Centralen is in Gyvelvej in Hadsund en voorsien aan sowat 180 installasies. Transbjerholt Centralen is in Gammel Visborgvej in Hadsund en voorsien aan ongeveer 320 installasies. Die biomassaverbrandingsaanleg (flisanlægget) is die grootste sentrale en kan in Hadsund se hele warmtebehoefte voorsien sonder die gebruik van olie.

Hadsundhawe duimnael|Hadsund Handelshawe gesien by die Hadsundbrug. Hadsund Handelshawe is aan die weste van die Hadsundbrug geleë en bestaan uit 'n vraghawe. Die handelshawe is in 1860 gebou vir groot skepe wat byvoorbeeld hout of graan verskeep.Friii Nordjyske Dit is aangelê met 'n spesiale skeepsbrug na die Kopenhaagse stoomboot, Ydun.Den Store Danske Trip Trap se voormalige hoofkantoor was by die handelshawe geleë.

Hadsund se vissershawe lê oos van die Hadsundbrug; Hadsund het ook twee marinas.

Onderwys In Hadsund gaan 'n mens die eerste 10 jaar skool by Hadsund Folkeskole, waarna tussen Tech College Mariagerfjord of Hadsund Erhvervsklasse gekies kan word. Sou 'n mens egter na 'n gimnasium (middelbare skool vir universiteitsvoorbereiding) toe wil gaan, is die naaste een in Hobro, waar die Mariagerfjord Gymnasium geleë is.

Skole Hadsund Folkeskole (Verpligte openbare skool) Tech College Mariagerfjord (Middelbare tegniese skool) Mariagerfjord 10 Klassecenter Hadsund Produktionsskole (Hoër voorbereidingskool) Hadsund Erhvervsklasse (Middelbare beroepskool)

Sake duimnael|DLG Himmerland is in die suidwestelike deel van Industri Nord geleë. Die DLG-toring is die hoogste gebou in Hadsund. Op die moreneplato in die noordelike deel van die dorp kry mens die dorp se noordelike en grootste nywerheidsdeel, Industri Nord, waar verskillende middelslag tegnologiebedrywe is. Die grootste is Nilfisk-ALTO, wat onder andere skoonmaaktoestelle vervaardig. Suidoos daarvan het Beauté Pacifiques hul eie mediese dermatologiese kliniek. Noord van Industri Nord is Hedegaard Foods wat 'n onderneming van eiers en eierprodukte is.

Oos van die dorp lê Hadsund se oostelike nywerheidsdeel, Industri Øst, waar onder andere die sakeondermenings XL-Byg, JYSK en die 2012-somergeopende winkel van Jem & fix geleë is.