Die Portjackson (Acacia saligna) is 'n indringerplant in Suid-Afrika wat endemies aan Australië is, waar dit in die suidweste van die land voorkom. Die boom staan ook as die goudwilger bekend en groei in fynbos, kusduine, langs paaie, waterlope en bosveld.
duimnael|links|250px|Blomme en blare
Voorkoms Die boom word tot 7 m hoog, is middelgroot, immergroen en doringloos. Die bas is glad en liggrys. Die takke is dikwels verwronge met groot bruin galle of swelsels. Die blare is enkelvoudig, ellipties en heldergroen. Die heldergeel blomme kom in bolvormige hofies voor. Hulle is oorvloedig en okselstandig. Die saadpeul het 'n harde, ligkleurige rand. Die boom word vir duinherwinning en looibas gekweek.
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van indringerplante in Suid-Afrika
Bronnelys Butchart, Duncan: Natuurlewe van Suid-Afrika. Struik Nature. 2012. Plants of the Wordl Online
saligna Kategorie:Indringerplante Kategorie:Flora van Australië Kategorie:Endemiese plante van Australië