Bhopal (Hindi: भोपाल, Bhopāl; [bʱoːpaːl]) is 'n stad in die noorde van Indië. Dit is die hoofstad van die Indiese deelstaat Madja Pradesj met 'n bevolking van 1 818 872 in 2011. Die stad is 'n belangrike industriestad, vervoer- en kultuursentrum.

Die Bhopal-giframp Bhopal is veral bekend vir die Bhopal-ramp op 3 Desember 1984, wat dikwels aangehaal word as die wêreld se ergste nywerheidsramp ooit. Meer as 3 000 mense is in die eerste paar dae dood nadat giftige gasse uit Union Carbide, 'n Amerikaans-beheerde fabriek, ontsnap het. Talle mense in die omgewing het ernstige gesondheidsprobleme ontwikkel en altesame 14 000 mense het weens verwante siektes gesterf.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Verwysings

Eksterne skakels Die Bhopal-munisipaliteit se webtuiste

Kategorie:Nedersettings in Indië