Visakhapatnam (Telugu: విశాఖపట్నం) is die tweede grootste stad in die Indiese deelstaat Andhra Pradesh ná Hyderabad en die derde grootste stad aan die oostelike kus ná Chennai en Kalkutta met 'n bevolking van 1 730 320 in 2011. Dit is aan die kus van die Golf van Bengale geleë en is 'n belangrike basis van die Indiese Vloot.
Visakhapatnam was een van die gasheerstede tydens beide die Krieketwêreldbeker 1996 en die Vrouekrieketwêreldbeker 2025.
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Andhra Pradesh Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Indië