duimnael|regs|250px|Die Wapad berig op 29 Mei 1964 oor 'n opvoering van Faust met Hanlie van Niekerk en Gé Korsten.
Hanlie van Niekerk (ca. 1927—2005) was 'n wêreldbekende sopraan wat in twee Afrikaanse rolprente opgetree het. Van Niekerk het in die jare 50 en 60 in verskeie operahuise, veral in Duitsland opgetree. Sy het ook in die Volksopera in Wene, Oostenryk, beroemdheid verwerf.
Sy was eers met mnr. Piet Smit getroud en later met die destydse minister van polisie, mnr. Lourens Muller. Muller het haar verbied om in die openbaar te sing, maar sy hervat haar loopbaan na hulle egskeiding.
Sy is die ma van die konsertviolis Pieter Daniël, wat in Europa se konsertsale beroemd geword het.Sangeres Hanlie van Niekerk sterf, Beeld, 2 Julie 2005
Diskografie Hanlie Sing vir Die Voortrekkers
Filmografie Altyd in my Drome, 1952 as Rita Botha Hier's Ons Weer!, 1950 as Rita Naudé
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse operasangers Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Sterftes in 2005 Kategorie:Geboortes in 1927