Vasai-Virar (Marathi: वसई-विरार, Vasaī-Virār [ˈʋʌsʌi ʋiˈraːr]) is 'n stad in die Indiese deelstaat Maharasjtra met 'n bevolking van 1 221 233 in 2011. Dit is in die metropolitaanse gebied van Maharasjtra se hoofstad en Indië se grootste stad Moembaai geleë. Vasai-Virar is in 2009 gestig en bestaan uit die susterstede Vasai, Virar, Navghar-Manikpur, Nalasopara en 53 dorpe. Die stad is aan die Arabiese See geleë en het in 1534 'n Portugese en in 1818 'n Britse kolonie geword.

Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Maharashtra