Srinagar (Kasjmiri: سری نگر Srīnagar, Oerdoe: شرینگر, Śrīnagar, Dogri: श्रीनगर Śrīnagar; [sriˈnɑːɡər]) is die somer-hoofstad en grootste stad in die Indiese deelstaat Jammu en Kasjmir met 'n bevolking van 1 273 312 in 2011. Dit is Indië se noordelikste stad met 'n bevolking van meer as een miljoen, en is in die Himalaja aan die Jhelaum-rivier geleë. Srinagar is in die 3de eeu v.C. deur Raja Pranavsarena gestig.
Kategorie:Nedersettings in Indië