Jabalpur (Hindi: जबलपुर) is die derde grootste stad in die Indiese deelstaat Madhya Pradesj ná Indore en die hoofstad Bhopal met 'n bevolking van 1 267 564 in 2011. Die stad is aan die Narmada-rivier geleë en is 'n universiteits-, industriële en militêre stad. Jabalpur is die weermaghoofkwartier vir die vyf Indiese deelstate (Madhya Pradesj, Chattisgarh, Orissa, Bihar en Jharkhand) en 1/6 van die stad word ingeneem deur die Indiese Weermag.
Kategorie:Nedersettings in Indië