Madurai (Tamil: மதுரை Maturai [ˈmaðɯrɛi̯]; tot 1949 Madura) is die derde grootste stad in die Indiese deelstaat Tamil Nadu ná die hoofstad, Chennai, en Coimbatore, met 'n bevolking van 1 230 015 in 2011. Die stad is een van die oudste stede van Suid-Asië en is bekend as Athene van die ooste. Madurai is geleë aan die Vaigairivier. Die Minakshi-tempel is die belangrikste aantreklikheid.
Kategorie:Nedersettings in Indië Kategorie:Tamil Nadu