Aurangabad (Marathi: औरंगाबाद, Auraṅgābād, , van Persies: اورنگ آباد, Aurang-Ābād, "Aurangzeb se stad"), amptelik bekend as Chhatrapati Sambhaji Nagar (Marathi: छत्रपती संभाजीनगर), ook gespel Chhatrapati Sambhajinagar, is 'n histories beduidende stad in die Indiese deelstaat Maharashtra met 'n bevolking van 1 171 330 in 2011.
Die stad is in 1610 deur Malik Ambar as Kharki gestig. In 1626 het sy seun Fateh Khan die stad in Fatehnagar hernoem. Tussen 1682 en 1707 het die stad gedien as setel van die Mogolkeiser Aurangzeb en dit is ná hom genoem. Die Bibi-Ka-Maqbara, 'n replika van die Taj Mahal, is deur sy seun Azam Shah vir sy moeder Dilras Banu Begum as mausoleum opgerig. Die Ajanta- en Ellora-grotte, asook die Bibi-Ka-Maqbara is Unesco-wêrelderfenisgebiede. Die stad is hernoem na Chhatrapati Sambhaji Maharaj, die tweede Chhatrapati (Grootkoning) van die Maratharyk.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf Amptelike Distrikswebwerf
Kategorie:Nedersettings in Maharashtra