Hendrik Susan (4 Mei 1903 – 26 April 1963) was 'n orkesleier en violis wat in vyf Afrikaanse rolprente opgetree het. Hy was onder andere Mimi Coertse se begeleier in haar beginjare. Hy het vroeg in die dertigerjare sy eerste plate gemaak.Biografie van Cornelis Henricus (Hendrik) Susan , besoek op 5 Desember 2012 Die trekklavierspeler Nico Carstens het op 19-jarige ouderdom by sy orkes aangesluit en in 1950 sy eie orkes gestig.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Diskografie Hendrik Susan groet julle weer, sy laaste langspeelplaat Kom Dans met Hendrik Susan En vele ander.
Filmografie Kom saam vanaand!, 1949 as homself Hier's ons weer!, 1950 as homself Alles sal regkom!, 1951 as homself Altyd in my drome, 1952 as homself 'n Plan is 'n boerdery, 1954
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Geboortes in 1903 Kategorie:Sterftes in 1963