duimnael|links|Peule
Die swartwattel (Acacia mearnsii) is 'n boom en indringerplant in Suid-Afrika wat inheems is aan die suidooste van Australië asook Tasmanië. Die boom groei in grasvelde, langs paaie, waterlope en woudrande.
Voorkoms Die swartwattel kan tot 15 m hoog raak en is middelgroot. Die boom is doringloos met neerhangende, varingagtige takke. Die bas is glad en 'n bietjie harig by die jonger takke. Die blare is saamgestel en dubbelveervormig met baie klein blaartjies. Die blomhofies is liggeel en verskyn in saamgestelde trosse van Augustus tot November. Die sade is in peulvorm en afgeplat.
Die boom word gebruik vir looibas (om leer te maak), beskutting en vuurmaakhout.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van indringerplante in Suid-Afrika
Bronnelys Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 van Niekerk, Louise: The other side of the coin. In: Conserva. Tydskrif van die Departement van Omgewingsake. Junie 1987, deel 2, nr. 3. ISSN 0258-3313
Verwysings
Eksterne skakels
Australian Plants online The IUCN/SSC Invasive Species Specialist Group
mearnsii Kategorie:Indringerplante van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Australië Kategorie:Flora van Tasmanië