Rooikrans (Acacia cyclops) is 'n boom en indringerplant in Suid-Afrika wat endemiesis aan Australië waar dit in die suidweste voorkom. In Engels staan die boom bekend as Red-eyed wattle of as die Western coastal wattle in Australië. Die boom groei in fynbos, duine, waterlope en langs paaie.
Voorkoms Die boom word tot 4 m hoog en is dus middelgroot. Dit is immergroen en doringloos en kom ook as 'n struik voor. Aan die kus bly die plant klein en erg deur die wind vervorm. Die bas is glad en liggrys. Die blare is enkelvoudig, heldergroen en ellipties. Die blomhofies is bolvormig, geel, yl en kom heeljaar voor - dus okselstandig. Die saadpeul is plat, gedraai en spring oop om die sade te ontbloot. Die sade is deur 'n skarlaken arillus omring, en word graag deur voëls geëet. Die plant is oorspronklik vir duinherwinning (om duine te stabiliseer) na Suid-Afrika gebring en word ook vir vuurmaakhout aangeplant.
Galery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome Lys van indringerplante in Suid-Afrika
Bronnelys Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012 Plants of the World Online
Kategorie:Indringerplante cyclops Kategorie:Flora van Australië Kategorie:Endemiese plante van Australië