Indore (Hindi: इन्दौर, Indaur; [ɪnˈdɔər]) is die grootste stad in die Indiese deelstaat Madhya Pradesh en die mees bevolkte metropolitaanse gebied in Sentraal-Indië, met 'n bevolking van 1 960 631 in 2011. Die stad is 'n belangrike nywerheidstad, vervoer- en kultuursentrum. In die omgewing van Indore word landbougewasse soos mielies en koring verbou.

Indore was een van die gasheerstede tydens beide die Krieketwêreldbeker 1987 en die Vrouekrieketwêreldbeker 2025.

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Nedersettings in Indië