Thane (Marathi: ठाणे, Ṭhāṇe; [ˈʈaɳe]) is 'n stad in die Indiese deelstaat Maharasjtra en behoort tot die metropolitaanse gebied van Moembaai, met 'n bevolking van 1 818 872 in 2011. Die stad is net noordoos van Moembaai aan die kus van die Arabiese See op die eiland Salsette geleë.

Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in Maharashtra