Die rooikophoutkapper (Lybius torquatus) is een van die volopste houtkappers in Afrika. In Engels staan dit as die black-collared barbet bekend.
Voorkomsgebied Die houtkapper kom voor in Afrika suid van die Sahara deur Angola, Botswana, Burundi, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Eswatini, Kenia, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Rwanda, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
Roepgeluide duimnael|links|Volwassene inspekteer 'n boomstam duimnael|links|Kuiken van 'n kleinheuningwyser, in werklikheid 'n broeiparasiet, wag om gevoed te word (Honeydew, Johannesburg). Die rooikophoutkapper is een van etlike duetspesies in die Lybius-genus en uiter gereeld duette in sy dag-tot-dag lewe. Daar word geen sang deur enkelinge gemaak nie.Payne, R. B. en N. J. Skinner. "Temporal Patterns of Duetting in African Barbets." Ibis 112.2 (1970): 173-183. Web. Die repertoire van die duette wissel ook nie veel nie.Short, Lester L. en Jennifer F. Horne. "A Review of Duetting, Sociality and Speciation In Some African Barbets (Capitonidae)." Condor 85.3 (1983): 323-32. Web. Hierdie spesie word geredelik herken aan sy harde duet, wat klink soos "toe-poedlie! toe-poedlie! toe-poedlie!" of "toe-doedel! toe-doedel!".... vergesel van 'n vlerkgeklap. Benewens die vlerkgeklap, draai die voëls van die paar na mekaar terwyl hulle fluit, en leun vorentoe terwyl plegtig voor mekaar gebuig word. Hierdie voël gee 'n verskeidenheid van roepe, insluitende sy grommende waarskuwingsroep en skril, harde gegons. Die gromgeluid kan die inisiëring van die duet wees.
Duet Die toe-poedlie-deuntjie is eintlik 'n antifonale duet. Dit beteken dat een voël in die paar die eerste noot sing, en die ander voël in die paar die tweede noot. Vir omstanders klink dit nie of dit uit twee verskillende voëls kom nie."Africa’s Barbets." 10,000 Birds. N.p., n.d. Web. Besoek op 3 Desember 2013. Dit het duidelike seksuele duetrolle, na 'n groetseremonie, en die maat se note verskil. Die voëls sing nie gelyktydig nie, maar is gesinchroniseer in hul duette. Die tyd tussen wanneer een voël ophou sing, en wanneer die ander voël in die paar die deuntjie voortsit, word die ouditiewe reaksietyd vir die duet genoem. Die geskatte ouditiewe reaksietyd vir hierdie voël is 178 ms.
Dieet/voeding Hierdie houtkappers is meestal enkellopende voëls wat verskeie soorte vrugte en groente vreet. Hulle besoek gereeld plantasies om daar kos te vind. Die vrugte word heel geëet en die pitte later uitgebraak.
Broeityd Die L. torquatus-spesie se broeiseisoen strek van Desember tot Februarie.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Kategorie:Afrika-houtkappers